Tasha het tydens Die Kontrak, Coleske Artists se realiteitsangkompetisie wat op Via TV uitgesaai is, haar merk as talentvolle kunstenaar gemaak nadat sy in verskeie van die episodes lof ontvang het vir haar optredes. Daar is tóé reeds voorspel dat sy nog diep spore in die musiekbedryf gaan trap.
Volgens Tasha het Die Kontrak vir haar nuwe deure in die Afrikaanse musiekbedryf oopgemaak en kon sy ’n nuwe vlak betree.
Tasha se eerste enkelsnit, Uitsondering was teen einde 2019 eksklusief op die gesogte versamelalbum, Afrikaans is Groot. Vol. 12, en ’n unieke musiekvideo was ook verfilm.
Haar nuutste enkelsnit, Ek Moet Weet, sal beslis by haar ondersteuners aanklank vind en met dié liedjie sluit sy die jaar 2020 op ’n hoogtepunt af.
Tasha was ook deel van die Ons Sal Self-projek van Solidariteit waartydens ’n liedjie en musiekvideo vrygestel is. In dié liedjie is sy saam met kollegas soos Steve Hofmeyr, Gerhard Steyn, Demi Lee Moore, Jay en vele meer.