Ivan Roux is in 2018 as naaswenner in Die Kontrak, Coleske Artists en VIA (DStv-kanaal 147) se werklikheidsreeks waarin hulle opsoek was na Suid-Afrika se volgende groot Afrikaanse kunstenaar, aangewys. Ivan het ook ’n gesogte platekontrak van Coleske Artists ontvang en by Afrikaans is Groot opgetree. Sy album, Daai Ding, was op die top 10 van verkopers landwyd.