Julle ons nuwe ene saam met die @DiePiesangskilleOfficial en Johan Viljoen gesien? watch video on watch page
3 - 0
@DiePiesangskilleOfficial het ‘n track saam met ons gedoen en hy klink so! Skille vir kersfees en piesangs vir paasfees! watch video on watch page
4 - 0
Grense is lyne op padkaarte en breine
Mense is gedagtes met gesigsuitdrukkings
Jou taal is klanke wat jou vriende maak
Waar jy grootgeword het bestaan nie meer nie
Verlore kinders moet loop en leer en werk
Om van verlede en ontdekkingslus te bekeer
Grense verdedig hart en land
Maar hart is hart
En land is land
En afrikaans is afrikaans maak nie saak
waar in die wereld jy jouself bevind nie
Orals op die verkeerde paaie ry duur motors met moeë gesigte in
Onderdeur bang lamppale wat op frustreurde doodloop strate skyn
Met hartseer bankkaarte wat by lee bank tellers na genade vry
En deurmekaar selfone wat langdradig kopsere wakker lui
Lewe ons verby sinister advertensie borde
En senutergende koerant opskrifte en mekaar
Oral verveelde TV's wat hartseer bangmaak beelde flikker
Op oorgewig sitkamerstelle bou ons verleë aan hoop
Om eendag hier iewers 'n prentjie-mooi huis by die bank te kan koop
In die druk verkeer
In die briesende wind
By die diepsee wolke se moordneigende reen
Oor die kendse skuureiland se versadigde lokasies spoeg
Besef ek dat ons net sotte in 'n resies is
Wat versot verby mekaar spronge tree
Ons is maar pens en pootjies en ons maak net meer
Oor die lang termyn stel ons net teleur
Ons is maar wild, verwilderde goed
Wat die waarheid in die wildernis soek
Wat ek soek kan nie aan my verkoop word nie
Wat ek soek is verniet
Dis om huis toe te wil kom
Dis om 'n koue bier te geniet en die mooi dag in sy moer te stuur
Dis om veilig binne te kan wees as die wind hard huil
En die koue reen daar buite is
Dis om te weet dat daar mense is wat
jou sal afhelp as jy op jou perdjie spring
En jou sal ophelp as jy aanjaag en uitlaat as jy wil verken
Dis om uit jou buik uit te kan lag en dit te bedoel
Dis om te weet wat jy soek
Dis om te sing tot dit pyn en te kan huil voor jou vriende
Dis om te dink jy weet wie jy is
En te aanvaar dat jy meeste van die tyd die pot mis sit
Jou land is waar die son opkom en weer gaan sak
Ons is ruimtevaarders, automechanics, dropouts en dokters
Ons is strokiesprenthelde, boggerops, seuns en dogters
Ons is miljoeners en presidente, rockers en rugbyspelers
Gelowiges en besetenes
Ons almal is
Mense het hul grense self uitgedink
watch video on watch page
3 - 0
Die plek vir al "Die Heuwels Fantasties" se musiekvideos!