Dissipelskap Reeks

25 videos • 21 views • by Word Collective Ministries Ons by Word Collective is opgewonde om ‘n reeks kort video’s oor die tema van Dissipelskap aan te kondig. ’n Nuwe Dissipelskap video sal elke Dinsdag en Donderdag gepubliseer word. Volg ons om niks te mis nie! Ons het ’n roeping in die Gees ontvang om video’s oor Dissipelskap te maak, om te help met die begrip van wat dit beteken om ’n dissipel te wees, maar ook as ’n hulpmiddel om dié te bereik wat soekend is. “Hy sê vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak!”” ‭‭Matteus‬ ‭4‬:‭19‬ ‭AFR20‬‬ “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”” ‭‭Handelinge‬ ‭1‬:‭8‬ ‭AFR20‬‬ Ons sien elke video as ’n pyl in jou koker, om te skiet (of in sosiale media terme, aan te stuur) na dié wat na die antwoord soek. Dankie vir jou bydrae tot die liggaam van Christus. Seëninge van die Word Collective Familie.