Die Boek Psalms

13 videos • 14 views • by Homebase TV - Afrikaans In die boek Psalms maak ons kennis met gebede en liedere. Hierdie werke ken geen gelyke nie en gee uiting aan lofprysing, vreugde, smart en wanhoop, en is [tradisioneel] privaat of in die openbaar voorgedra of gesing. Dit is woorde wat deur leke, konings, digters en priesters gespreek is. Komende van beide vrome en boetvaardige sondaars, dien dit reeds geslagte lank as die gelowige se gebeds- en liedereboek. Psalms speel ’n eiesoortige rol in die Bybel. Neem in ag dat die Skrif grotendeels die hartsbegeertes van God openbaar, terwyl die psalms ons hartservarings op die geloofspad beaam. Uit Psalms put ons seëninge, hoop en herlewing. Dit is ’n gids, beide vir selfondersoek en vir die bepeinsing van God se grootsheid. In die kerkers van wanhoop bring die psalms bevryding, dit bring ’n mens opnuut tot inkeer, en tot oorgawe aan God. Dit is dus geensins verrassend dat so baie mense aanklank by die psalms vind nie — dit strook immers met hul innerlike ervarings en stryde, en daarom gebruik hulle bepaalde psalms as gebede. Let op Luther se aangrypende woorde: “Is daar ’n edeler uitdrukking van vreugde as die lof- en dankpsalms? Dit openbaar die hart van elke heilige wat ooit geleef het. Jy bevind jou, as’t ware, in ’n lieflike plesiertuin, vir ’n oomblik in die hemel self… En is daar diepsinniger, boetvaardiger en droewiger woorde om ’n mens se smart mee te verwoord as dié in die treurpsalms? Dit bied jou ook insae in die innerlike van die heilige.