Die Groot Stryd

14 videos • 12 views • by Homebase TV - Afrikaans I ndien jy gevra sou word “wat die hooftema regdeur die Bybel is”, hoe sou jy reageer? Jesus? Die plan van verlossing? Die kruis? Al drie natuurlik! Maar hierdie drie belangrike onderwerpe openbaar selfs nog meer, ’n allesomvattende tema: “Die groot stryd”! Hierdie tema vul die hele Bybel, van die boek Génesis tot die boek Openbaring. Die groot stryd het in die hemel begin toe Lucifer teen God gerebelleer het. Die kern van hierdie kosmiese stryd is die strydvraag oor God se liefde. Is Hy waarlik liefdevol? Het Hy die beste belange van sy menslike wesens in gedagte? Of is Hy ’n outoritêre diktator wat net sy eiebelange op die hart dra? Hierdie kwartaal se lesse volg die geskiedenis van die wêreld vanuit God se perspektief, soos wat die profesieë dit onthul, vanaf Christus se tyd dwarsdeur die eeue tot die teenswoordige en daarna. God is in wese ’n liefdevolle God en daarom is al sy handelinge gevul met liefde, alhoewel hierdie feit nie altyd duidelik vir ons nietige menslike wesens of selfs vir engele is nie. Maar God se liefde word geleidelik onthul soos wat die groot stryd openbaar word. Ons sien duidelik die hoogte en die diepte daarvan by die kruis. By Gólgota was God se liefde voor die heelal ten toon gestel, toe Christus sy lewe gegee het om die mensdom te red en toe Satan se uiteindelike nederlaag bekragtig was. Die stryd woed voort. Satan het probeer om Jesus deur die kruis te vernietig, en deur die eeue heen sien ons hoe hy probeer om God se volk te vernietig. Alhoewel Satan Christus se kerk kwaai vervolg het en miljoene vermoor het, was God altyd teenwoordig by sy volk en sal Hy hulle ook nooit verlaat nie.