Drie Kosmiese Boodskappe

13 videos • 13 views • by Homebase TV - Afrikaans Die boodskap het trefkrag – nie soseer deur argumentasie nie, maar danksy die influisterende Gees wat harte oortuig. Die saak is reeds gestel. Die saad is klaar gesaai. Nou kom dit op en werp vrug af. Die leesstof wat sendingwerkers [tot op daardie punt] gestrooi het, het inderdaad ’n invloed. Hoewel dit by baie ’n diepe indruk gelaat het, het iets gekeer dat hulle die waarheid ten volle kon begryp of tot ’n oorgawe kon kom wat tot gehoorsaamheid lei. Uiteindelik dring die volle lig van die waarheid egter deur. Dit is nou so duidelik soos daglig en al die opregte kinders van God laat vaar al die dinge wat hulle terughou. Gesins-, familie- en kerksbande — niks kan hulle keer nie. Die waarheid is kosbaarder as enigiets anders. Ten spyte van die kragte en magte wat die waarheid teëstaan, skaar ’n groot aantal hulle nou by die Here”