PROP, is 'n veelsydige jong liedjieskrywer, storie verteller en Argitek. Vanaf 2003 tot 2015 was hy as voltydse musikant op sy eie asook saam met die Robbie Wessels te sien. Tussen deur al die lewendige optredes word sy skrywers pen ook geslyp. In 2005 word hy aangekondig as wener van die ATKV hoërskole liedjie skrywer, met sy liedjie 'Wie worrie oor poppe'. In 2010 neem Laurika Rauch ook een van sy liedjies getiteld 'God se kuns kafee' op. Vanaf 2012-2016 swot hy BscArch en Barch Hons by Tuks, waarna hy 'n voltydse beroep as Argitek aanpak. In 2018 begin hy deeltyds skryf aan nuwe musiek waarmee hy self die mark wil betree. Hy sal ook binne kort te sien wees as motiverings spreker by skole en kerke. Waar hy sy ervaring as jong gestremde in 'n uitdagende samelewing mee deel nie. Parallel met die motiverings praatjies het hy 'n droom om sy lewens ervaring in 'n boek neer te pen en is al redelik ver geskryf. Sy komiese dog ernstige aanslag vind aanklank by jonk en oud.