Nadat die immergewilde Lianie May se talent in 2006 raakgesien is, het harde werk, vasberadenheid en ’n nederige persoonlikheid haar gedra om vandag as een van die land se top vroulike kunstenaars bestempel te word.
Met haar weghol treffer-album in 2008, Vergeet My Nie, het dié boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip. Met vele albums, multi-toekennings en ’n film agter die rug, is Lianie May nie net ’n huishoudelike naam nie - maar ook hier om te bly.
Sanger, skrywer, aktrise, boeremeisie – watter kuns Lianie ook al beoefen, sy skitter en dié boeremeisie se hande staan vir niks verkeerd nie.