Channel Avatar

Bobby van Jaarsveld @UCJrY6VrE-q2OUAUY5od8XWA@youtube.com

15K subscribers - no pronouns :c

Die immergewilde Bobby van Jaarsveld het reeds op die op die


About

Die immergewilde Bobby van Jaarsveld het reeds op die op die jong ouderdom van sewentien jaar oud die Afrikaanse musiekbedryf oorrompel met sy eerste album, Duisend Ure, wat in 2006 vrygestel is. Vandag spog hy met nie minder as vyf albums nie en met elkeen van dié vrystellings geniet hy die nommer een posisie op verskeie ranglyste.

Bobby se nuutste vrystellings is saam met Early B en Demi Lee Moore onderskeidelik.
Teen die einde van 2019 het Bobby en Demi Lee se stemme orals gedurende weerklink met hul treffer, Ek Weet Dit Al Lankal. Dié liedjie handel oor twee persone wie se harte in mekaar pas - nes hul twee stemme wat mekaar so goed komplimenteer.

Nadat Bobby in 2006 die toekenning vir Beste Nuweling by die Huisgenoot Tempo-toekennings ontvang, was daar voorspel dat hy nog een van Suid-Afrika se grootste kunstenaars gaan word. Bykans vyftien jaar later is Bobby wel een van die land se grootste kunstenaars wat spog met treffer na treffer.