Armand Hofmeyr se debuutalbum Foto's en Briewe was een van die opwindendste verrassings van die vorige musiekjaar! Nou bied hy sy bewonderaars en nuwe belangstellendes 'n uitklop-opvolgalbum: Rug teen rug. Die splinternuwe album is weer 'n toonvenster van dié talentvolle jong man se vaardigheid. Sy eie, oorspronklike nuutskeppinge is dikwels spieëlbeelde van sy hart en siel; byderwets ritmies. Armand vertolk sy werk in'n wydtreffende country-popstyl, wat ruimskoots met "rock" geanker word.
www.facebook.com/Armandhofmeyr